KREDIETVERLENING in die private sektor - 'n sleutelaanwyser vir monetêre beleid - het tot stilstand gekom, met groeikoerse wat geruime tyd reeds negatief is. Jean-Francois Mercier, 'n ekonoom van Citigroup, sê dit lyk of die jongste tendense in monetêre en kredietgemiddeldes daarop dui dat SA 'n "kredietlose" herstel binnegaan - met ander woorde, waar die reële bruto binnelandse produk (BBP) toeneem, maar uitstaande lenings as 'n deel van die BBP afneem.